Oor ons

Kom ons kyk of daar bietjie meer oor ons klomp te sê is:

Om vriendskappe op te som sal my hoe lank neem. Toe dink ek: hoe kan ek julle aandagspan behou sonder dat julle halfpad deur die storie gaan kyk of daar nie dalk nuwe mail is nie. AIKôNA!!! Jy gaan nêrens heen nie. Gee tog net die storie n kans!

Om by die oorsprong van die verhaal te kom is nou nie die maklikste ding ooit nie, maar kom ons spring maar net aan die diep kant in en begin vertel….

Ons groep se ontstaan kan terugge’trace’ word na die Siviele klas van 2003. Daar het n paar boerseuns gesit en mekaar uitgekyk op daai heel eerste dag en nie lekker geweet wat die lewe vir hulle inhou en waar hulle inpas nie. Van hulle het na skool begin swot, ander het sommer direk aan die werk gespring en van hulle kon darem ‘n jaar of twee afvat om uit te vind wat hulle met hul lewens wil maak. Die jaar het vinnig aangestap en die manne het mekaar krities opgesom en probeer uit’figure’. Sommige van ons het dit nog steeds nie reggekry nie, maar dit hou ons op ons tone
Teen 2005 was daar n lekker ‘bond’ tussen ‘n paar van ons manne. Kom ons begin by die oudste

Daar was een ‘local’ Kaapse rooikop – Leon Wasserfall. Die African Lion

Gebore in Bellville op 02-03-1983

Na Eversdal Laerskool het hy klaargemaak by HJS Paarl voordat hy CPUT toe gekom het. Elke groep manne het een ‘ginger’ nodig om die kwota- stelsel te balanseer. Ek sal nou nie sê hy was die normaalste seun in die klas nie, maar mal soos n haas defenitief. Bygesê, hy is met ‘n leatherman in die hand gebore en stukkende goed bly nie lank stukkend nie. En dit is nou die een ‘partner’ wat ek het, wat altyd ‘game’ sal wees om saam met my iets onverskilligs aan te vang.
Hy werk tans as n Siviele Kontrakteur.

Leon Wasserfall

Die African Lion

Marthinus Louw

Marthinus Louw

Volgende het ons vir Marthinus Louw. As gevolg van die Kapenare wat nie sy naam kan uitspreek nie, reageer hy nou op Matt.

PS: it is I

Gebore in George op 13-06-1983

Als op George voltooi en na n ‘gap’ jaar die swot-storie probeer. Hy was die ‘surfer’ boytjie gewees wat die Kaapse manne met n hout-oog uitgekyk het. Die stories van die Kaapse branders het wyd geloop, maar die water het nie saamgespeel nie, toe hang die ‘surfer’ sy ‘fins’ op en probeer nuwe uitdagings. Ek weet nou nie of Poi’s as ‘n sport tel nie, maar dit lyk nogal ‘cool’ in die aande. Ry nou en dan bietjie bergfiets en draf ook by tye. En as jy regtig sy aandag soek, moet jy net vir hom ‘n ‘impressive bar trick’ wys, dis nou as hy hom nie alreeds ken nie.

Deesdae hou hy himself besig met Strukturele Ingenieurswese.

Dan het ons vir Robert John Smook, beter bekend as die Smookie (red. Of ‘Die Smoes’)
Gebore in Worcester op 21-11-1983
Ja, ja ek weet, maar nie al die mense van CW swot by Steps nie…
Klaar met Worcester-Noord is dit Montana toe vir die finale afronding voor die regte lewe begin het. Na hy die oorsee ding gedoen en homself gevind het, het daar nog iets ontbreek. Hy ondek toe die nektar van die lewe en raak ‘n goeie ‘all rounder’….
Smook is een van daai manne wat net mooi orals inpas. Hy speel saam rugby, hokkie, golf, krieket, vang vis, en het onlangs begin met die 4×4 ‘scene’, ag man, sommer als.
Smook is n Siviele Ingenieur, maar wil nog sy horisonne verbreed met verdere swottings.

John Robert Smook AKA 'Die Smoes'

John Robert Smook AKA Die Smoes

Jan

Jan

Die babatjie in die klas was Derek Nieuwenhuis, wat mettertyd Jan geraak het. Ja ek weet ook nie, ‘I just go with the flow’…

Gebore in Montagu op 16-04-1984

Hy verteenwoordig die res van die kwotastelsel, want ‘n blasser witman kry jy nie sommer nie! Eers het hy ‘jam’ gemaak by die KOO laerskool voor dat hy Montagu Hoër toe is. Dis nou die ou by wie skoene en ‘n langbroek nie eintlik pas nie. Seker al man wat ek ken wat n paar skoene van die binnekant af sal kan deurloop. Die plaasjapie het al groot naam gemaak in visvang kringe, maar voor my siel het ek hom nog nooit n vis sien uit trek nie. Daar is fotos en hy het ‘n paar baadjies en ‘badges’ vir visvang, so ons moet hom seker maar glo. As dit nou vir hengel was, was dit ‘n perd of vis van ‘n ander kleur

Hierdie is n Master Blaster. Hoeveel mense kan sê hulle het so chom. As iets hom pla is dit net… poooeeefffff, en die probleem is iets van die verlede

Tools, Louis, die Haasbroeke, Poenjas, Wouter, Jnr, Wally, die Kazabers, en nog vele meer moet nog bykom, en hulle sal nog!

‘N groter verskeidenheid manne kan jy nie sommer saam in een vertrek kry sonder om moeilikheid te verwag nie. Dis hoekom ons mekaar in Flags, Percy’s en Dros beter leer ken het. Daar was iets van als, en iets vir almal. ‘N man om elke sosiale aspek van die samelewing te hanteer.
Die manne het almal saam geswot, vir die Mussels rugby gespeel (waar hulle in 2005 die liga gewen het!! Kyk wat maak ons hier…), en het ‘n moerske passie vir die lewe in die algemeen. Daar was tot n trippie oor die grens Nam toe om te kyk of die vis regtig in Henties loop soos die stories vertel. Op die toer was daar ‘n nuwe ‘youngster’ by die vriendegroep gevoeg. Die man is aan die diep kant ingegooi deur saam op so ‘n trip te gaan sonder dat hy almal ken, maar hy het nietemin heel anderkant uitgekom.

Hendri Barnard Schoeman, beter bekend as Boetie.
Leon se neef het mooi sy man gestaan en sonder hom sou Grondpad nooit bestaan het nie. Hy kan seker geklasifiseer word as die ‘nerd’ in die groep, maar dit is ook net as gevolg van sy beroep.
Gebore in Belville op 02-10-1985
Vanuit Victoria-Wes is hy Paarl Boyshigh toe voordat hy vir Netscope op horings geneem het. Tussen die nuwe vriende wat hy in die Kaap gemaak het het hy besluit hy sal n plan moet maak en swot toe so ‘n bietjie verder vir ‘n ekstra titel… so tussen al die Ingeneurs kan mens nogal eensaam voel, maar dit het hom nie vir een oomblik gepla nie.
Hy is nou die enigste IT Engineer tussen ons almal, en soos julle kan sien op Grondpad, ken die man sy storie.

Boetie

Boetie

Die manne het lekker saam gekuier en baie stories bymekaar gemaak wat weer om ‘n kampvuur vertel kan word. Ons het elke geleentheid gebruik om bymekaar te kom, al was dit nou net om 14 ure lank saam met al die ‘buddies’ so stuk-stuk te kuier. Soms het ons n braai gereël om te beplan wanneer ons weer vir n slag ‘n braai gaan reel.
Ons het nuwe vriende ontmoet, van die oues vergeet, en soms nie eers name gevra nie.

Partykeer moes ons teruggaan na plekke om net seker te maak een van die manne se naam het nie daar agter gebly nie. Daai weggooi ding, jy weet. Die Rittel-fees sal ook nooit weer dieselfde wees na hulle leer ‘whale’ praat het nie. Ek meen, hoe kan jy iemand se ‘show’ oorneem en so erg verwoes dat sy die pad moet vat!
Ons het tot vir Vicky-Wes probeer op horings neem. Dit het nie heeltemal so uitgedraai nie, maar ons sal sommer weer ‘n keer probeer. Al die paarties, kamp trips, feeste en funksies was groot sports gewees vir ‘n spul manne met geen verpligtinge nie, behalwe om Maandag sy eerste klas teen 10:00 by te woon nie….

Maar daar het iets gekort… Ons was ‘close’, maar hier teen drie- uur in die vroeë oggend-ure met die flikkering van die kamp-vuurtjie se vlam en die skraal windjie wat deur murg en been waai, raak ‘n man nostalgies en verlang sommer na mense wat jy nie eers ken nie.
En deel van manwees is om te jag. Soms weet ons nie eers waarvoor ons soek nie, maar jag sal ons jag. Natuurlike instink neem toe oor en ons begin na geselskap soek. Nie die soort wat ‘n brannas saam met n Springbok ‘game’ bied nie, maar die tipe wat jou asem wegslaan as jy te diep in dié spesifieke geselskap se oë kyk. Die soort geselskap waar jy vir ure kan sit sonder om iets te sê, maar nogtans is daar nie vir ‘n ‘spit second’ die gevoel van ongemak nie. Man, geselskap met ‘boobies’!!!

Leon was die eers om te val. Hulle het mekaar al lank geken en uiteindelik die sprong gevat. Die res van ons het lanklaas so oopbek na n paartjie gestaar, want nie eers in die 60’s was daar mense wat mekaar so op ‘n ‘stage’ bespring het, en nie waar nie, in Vickie-Wes, voor almal!!! Vriende, familie en sommer ‘n bank onbekendes ook. Die Maruno voer ook altyd iets kreatiefs in die mou.
Ek kan ook bysê dat dié sy laaste meisie was, want hulle twee het in Jan 2010 verloof geraak.
Sy lewensmaat is…

[Ons wag nog vir haar foto’tjie!] Helga Loubser, soms noem ons haar Hagar

Gebore in Bellville op 26-09-1987

Van Eversdal af is sy Stellenberg toe en daarna het sy die Stellenbosh ‘scene’ aangedurf.

Daar is nie een van ons wat so baie kotserasies kan bekwaam soos sy nie, maar ons ken haar so. Sy het n swak vir snacks, maar mens sal nogal nie so sê nie. Altyd eerste om ‘n smile op jou gesig te sit, al weet sy nie eers sy doen dit nie.

Sy het self n paar stories so tussen van die vriende, maar hulle kan maar self vertel. Stel dit so, die neefs het haar ook gelaaik, en dan seker maar van hul vriende ook. Maggies Helga, ek kom nou eers agter dat jy nogal redelik in aanvraag was!!!

Hierdie is een Onderwyseres vir wie mans liewer die eerste keer moet luister.

Die volgende een wat toe geval het was Matt. Wie sou kon sê dat so ‘n mooi rooikop sy hart so vinnig kon laat klop. Hulle het ontmoet by ‘n braai in Stellies en na daardie eerste soen was daar geen terugkeer nie. Dit het bloedsweet gekos om aan haar te bewys dat nie al die stories waar was nie, maar so ‘n vangs sou hy nie sommer deur sy vingers laat glip nie.

Marcelle

Marcelle

Marcelle Fourie het êrens die name Meerkat en Marshmallow opgetel, maar net een persoon mag haar Gogga noem.

Gebore in Kaapstad op 29-02-1984

Sy sal altyd die jongste in die groep bly omdat sy ‘n skrikkeljaar-baba is. Tegnies is sy nou eers 6, en dit klink soos tronk-stories as jy my vra !

Onderhoof-dogter van Gordonsbaai en toe na Strand Hoër om in Stellies te beland waar sy toerisme klaar gemaak het.

Sy is hoeka my persoonlike Reis-agent (‘n beter ‘deal’ sal jy nêrens kry nie)

Haha, die rede hoekom die artikel so lank geneem het om op die web-werf te verskyn is as gevolg van die volgende nuus:
Matt en Marcelle het op 13 Mei 2010 verloof geraak, op die kop drie jaar na Matt haar die eerste keer uitgevra het.
Jammer, ek moes dit ook net in kry.

Een van ons gereelde watergate in ons jonger dae was Klipwerf, en dit is toe net die plek waar Jan sy ‘move’ maak op n krul-kop girltjie. Daar was dates beplan, planne gemaak, maar elke keer het daar iets opgeduik, en nie van wie se kant af nie, maar natuurlik van die skoner geslag. Lanklaas het ek gesien hoe n man vir sulke groot 6’e geslaan word. Maar as n man weet wat hy wil hê, maak hy n plan om dit te kry.
Een van daai aande het Jan haar van haar voete af gedans. Hy het ewe skoene en n langbroek gedra, en dit gebeur nie sommer nie. En kyk net, hulle twee het in Nov 2009 verloof geraak. Regtig ‘n paartjie wat uitgeknip is vir mekaar.

Louise van Wyk, en ons noem haar ‘actually’ Louise, weird…
Gebore in Calvinia op 07-06-1986
Vanuit Calvinia het sy by Tygerberg toerisme gaan swot.
Die plaas-dametjie voltooi ons vriendegroep se kwota-stelsel deurdat sy die heel beste – rooi-ribbok-rammetjie – kan sê. Sy kom altyd met ‘n kreatiewe plan vorendag om ons aan die gang te hou. Soms moet iemand anders die saak verder voer, maar aan inspirasie is daar nie tekort nie.
Sy is n Operations Consultant, al is ek nie 100% seker wat dit beteken nie.

Louise

Louise

Ou Smookie wou nie uitmis op die dating ‘scene’ nie. Uit- eindelik kon ons toe sien dat hy nie vir die ander span kolf nie. Smook het saam met Matt gebly in die swot jare en die arme perd het begin wonder…
Hy val toe vir n ‘home town girl’ wat toevallig by dieselfde skool as sy ma skoolgee, en sy jonger broer is in haar klas.

Maretha

Maretha

Maretha de Kock, net Smook mag haar Lala noem

Gebore in Montagu op 02-05-1985

Sy het saam met Jan ‘jam’ gemaak inni KOO en toe het sy Montagu Hoër voltooi om in Wellington te gaan swot en net weer terug te gaan skool toe.

Dit is nou een girl wat nie ‘n blind date kan reël nie. Sy moes vir Smook aan ‘n vriendin voorstel, maar toe hou sy hom liewers vir haarself. Daar is sprake dat iemand vir iemand van hul voete af geslaan het… ek sal nou nie sê wie se voete dit was nie, maar ek dink daar was hoë dames-hake by betrokke…

Hierdie Wiskunde Onderwyseres hou ons almal op ons tone. Behalwe as sy haar pienk Crocks aanhet.

Die een man wat nog die ‘bachelors’ lewe geniet is Boetie. Ek kan nou sy “special friends” hier bylas, maar ek het nie genoeg tyd en krag vir hulle almal nie ?

Daar is nog lede van ons groep wat hier bygevoeg moet word, ek het maar net begin by die ‘founding brothers’ van die Horing en hul ander helftes… Het ek al iets gesê van die Horing? Julle sal my nie glo nie, ons het ons eie ‘bar’. Hy trek nou al by sy derde staanplek, maar saamkom sal hy saamkom. Ek kan meer uitbrei: Rooi bakkies wat beeste in die wingerde oes, ‘one of a kind shot glas’, ‘speeches’, stories, BAIE STORIES. Maar kom kyk liewers self en drink ‘n horing dan vertel ons jou als. Wie weet, dalk word jou storie ook nog hier by gevoeg.
Maak net seker jy kan saam met die groot honde stertswaai.

As jou aandagspan tot hier behoue gebly het beteken dit klaar iets. Ek sal saam met jou ‘n bier kan drink, want ek sien ek het iemand gekry wat na al my nonsense en stories sal kan luister.

Onthou net, ‘n mens word nie deur jou vriende gekies nie, jy maak die keuse. En as daar ‘n span soos dié is waar almal mekaar gekies het, kan ‘n mens nie verkeerd gaan nie.

Groete
Carpet

Geniet die site, en as jy enige voorstelle het, mail gerus admin[at]grondpad.za.net …

Die Smoes on Tyd
Matt on Tyd
Matt on Hie kommie Bokke!
Hendri Schoeman on Hie kommie Bokke!
Die Smoes on Hie kommie Bokke!
December 2017
M T W T F S S
« Jun    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031