Geselshoekie

Guest  

Show or hide header
Welcome Guest, posting in this forum require registration.




Grondpad.za.net » Kom ons gesels... » Alles anders » Wat gaan aan?

Pages: [1]
Author Topic: Wat gaan aan?
Carpet
Member
Posts: 19
Post Wat gaan aan?
on: August 4, 2011, 13:06

Waar is al die mense?
Het nog nooit vir GP so stil gesien nie!!

Almal is te besig met ander dinge…

Wel, ek wou net vinnig ingeloer het om HI te se en om te kyk of julle nog ooit vir GP besoek.
Hoop regtig so!!!
Laat weet iets, update jou mood, deel goeie of slegte nuus, skinder so bietjie maar maak kontak!

PS: julle sal moet begin kom kuier in Gordons!! As daai twee brakkies van ons nie nou al gewoond raak aan julle nie sal dit sukkel om by die deur in te kom…

Laat dit juig maters
Mis julle almal sommer!!

mysticBoer
Administrator
Posts: 51
Post Re: Wat gaan aan?
on: August 28, 2011, 10:41

Se jy Matt!

Wonder ook hoekom die ding so stil is. Kan nie glo hoe moeilik dit deesdae is om net ‘n eens weeklikse kuier weer bymekaar te kry nie.

Dis van julle bliksems almal gaan staan en trou (en op trou staan). Only I to have manners!

Maar dis darem weer Wereldbeker. Glo darem daar sal ‘n paar lekker kuiers rondom die geleentheid uit te dop.

Goeie tye!

Go Bokke!

O ja, my ‘mood’:
“Hendri voel tans redelik morbied en befok want sy vakansie is op sy einde”

Groete,
Die Boetie!

Louise
Member
Posts: 46
Post Re: Wat gaan aan?
on: September 7, 2011, 08:37

Ai AI AI!!!

Julle mense laat my nou skoon sleg voel! maar glo my wragtag, as ek julle een ding kan se is dit KUIER MENSE KUIER!!!! julle verstaan nie hoe mis mens daardie kuiers as mens so ver is nie! Ek belowe as ons daar was het ons plan gemaak, maar ai Nam bly darm maar net bietjie ver jong!

Bly ek het darm so van julle gesien toe ek in SA was, en SPESIALE dank aan Carpet en Marcemellow wat spesiaal kom deur ry het kaap toe om te kom hallo se 🙂

Hier gaan dit baie goed, ons vrek net byna van die koue, en lyk dit nog als behalwe Lente of Somer!

Met Jan by die werk gaan dit baie goed, die ou is maar net moeg moeg as hy in die aande by die huis kom!

Met die mommy to be gaan dit ook voor die wind, ek is natuurlik een van die gelukkiges wat nog niks sleg voel siek is niks nie! so ek kan nie kla nie, more is ek 11 wekies, en gaan ons volgende week vir die 12 weke scan, en dan is die 1ste 3 maande ook verby, en Jan loop en smile net van oor tot oor!

Verder nie veel nuus nie, ons sal latweet van ons planne vir Dec, maar hopelik sien ons darm!

Nou toe maters, en materinne, geniet julle week verder, and keep the party up! (geniet VERAL vir my part ook ‘n ou nattigheidjie vir die keel)

NJOY DIE WORL CUP!!!!

GO BOKKE!!!!!!!!!!!!!

Mis julle

Die Smoes
Moderator
Posts: 19
Post Re: Wat gaan aan?
on: September 7, 2011, 10:07

Hallo julle,

Ek sal julle gou sê wat aangaan. Dit is Worldcup tyd, beerfest of moet ek dit nagmaal bier noem aangesien meeste van die games gedurende kerk tyd gaan plaasvind.

Daar sal natuurlik op braaidag gebraai word by Susan Straat as deel van die SA meets NAM game wat in die week gebeur. Ek wonder wat vir die die ex-pats skree. Daar is ook natuurlik die klein wedstrydjie (NZ vs Frankryk) op daai dag.

Louise, kan ek ook gou vir jou sê hoe julle Desember planne gaan werk. Die 15de Desember as jou liefste man uit die werk uitval dan klim julle in daai grand bakkie van julle en sit voet in die hoek vir die KOO. As julle daar aankom kan julle bietjie rus, en glo my julle sal dit nodig hê. Dan sorg julle dat julle die 17de Desember so ongeveer 16:00 in Bonnivale arriveer. Daar is so klein kwessie wat dan eers die kerk moet afgehandel word (hehe), en daarna ‘n groot partytjie.

Go Bokke want hiet is dit kuier tyd.

Groete
Die Smoes

Ek is ‘n middelklas regguit man, rond van vorm en kort van draad (veral as ek brandewyn drink). My wortels lê in die vrugbare grond van die Boland, waar ek sekerlik my liefde vir wyn en Brandewyn gekry het. Ek drink soms Vodka en selfs ‘n whiskey of twee.

Ek is eenvoudig maar tog kompleks, ek is hard en gehout maar tog sag van aard. Ek is ‘n mengelmoes van emosies…ek is ‘n Pinotage/Shiraz versnit…net witter.

Louise
Member
Posts: 46
Post Re: Wat gaan aan?
on: September 8, 2011, 10:30

Hahaha, ai jy ook Smook!

Dink nie ons mis jou troue vir enige iets nie, maar vir tyd en wyl wag ons eers vir ons official invite voor planne gemaak word 🙂

O liewe hemel genis, sien al hoe sleep ons weer deur nag none stop hier af! grrrrrrrr!!!!!

Die expads!!! immmmm, jong, dink ons skree nog klip hard vir SA jong, my bloed bly maar groen en goud!!!

Nou toe julletjies! lekker daggie!!!

Pages: [1]
WP-Forum by: Fredrik Fahlstad, Version: 2.3
Page loaded in: 0.033 seconds.