Tyd

Dis vanaand 15 Desember 2013.

And today I broke my personal record for days of not dying.

Ek is ‘n mengelmoes van emosies…en gryp na die die pen, of eerder die keyboard van my laptop wat ek enkele dae terug belowe het om nie voor die die 6de Januarie weer aanteskakel nie. Ek voel soos ‘n klein Labrador hondjie wat met ‘n moersie stuk droewors getig word. Weet nie of ek moet hap, koes of hardloop nie.

Sit vanaand hier en weet nie waarheen hierdie skewe gaan nie…maar hou vas dalk kom ons daar. Waar daar ook al mag wees. Hier is my huidige gevoelens op swart en wit. Neem dit in, proe dit, jaag dit rond oor jou palet, spoeg dit uit of herkou daaraan…maar soos enige iets anders in die lewe gee dit kans.

Grondpad is amper 5 jaar oud, die Horingkring al veel ouer. In 5jaar is daar al 4 troues, 2 dope ‘n immegrasie. Kuiers vir die boeke en vriendskappe vir die arnale. Maar tog voel 5 jaar soms soos ‘n mors. Tussen al die goeie goed het ons verby mekaar begin leef. Mens het te besig geraak om die saam te kuier, die foon op te tel of die persoon langs jou te vra “Hoe was jou dag?”

Ek verstaan “besig” , sonder te “besig” was ek nie nou instaat gewees om te kon huis koop nie. Ek sou selfs nie eers aan my R550 se Glenmorangie Whiskey geskenkpak kon teug nie. So, my vraag is so kort en kragtig soos die single malt whiskey in my glas.

Mis ons nie soms die bus nie…oor ons heeltyd rond hardloop?

Ek raak nou dalk nostalgies maar die son het gesak oor my twintigs, die Horing kring bly ‘n gesamelike afstand van 268km uit mekaar (dis nou as Leon slaap in die lounge van Cape Town International) en die tyd stap aan.
Hardloop bring mens nerens nie…net verder van als af wat jy ken.

Ek het so week terug ‘n toesprakie by my Pa se 60ste gemaak. Eintlik nie veel gesê nie, maar daar was ‘n Power Point slide wat gespeel het. Ek het na die fotos gekyk van aanbouings by ons huis tot visvang in Henties en Dos M drink in Mosambiek. Daar was kuiers langs ‘n rivier en Golf speel saam met vriende. Daar was fotos van lekker lag en sommer net verspot wees. Soos ek daar my hart uitgestort het oor die dinge wat my pa als vir ons gedoen het, kon ek nie anders as om te sien wie ek ook eintlik is nie. Ek is iemand soos my pa, gekenmerk deur sy vriende en die goeie tye saam met die mense naby ons. In kort verstaan en leef ons beide een van die belangrikste pillare van die lewe: “Happiness is nothing if not shared with those you value most”.

Ek het my vroutjie dop gehou terwyl sy die naweek met haar swanger magie rondstap. Ek het net onwillekeurig begin glimlag. Ek het net weer besef dat as ek in my 30 jaar op die aarde iets reg gedoen het was dit om met haar te trou. Sy verstaan my en verdra my. Sy ken my en tenspyte van dit als, bly sy nogsteed lief vir my.

Die Horingkring is die volgende ding wat ek reg gedoen het. Die vriendekring is ‘n afstammeling of ‘n keurige siftings proses van ‘n groep mense ‘n visvang vakansie in 2005 mee gemaak het. Hoe dit ookal sy, die groepie vriende en hul anderhelftes wat met die tyd begekom het is steeds na aan my hart. Dit sal sekerlik nooit verander nie.
Tyd gaan vinnig verby, en dit bleik of dit spoed optel. Ons gaan nie verewig leef nie, nog ‘n realiteit wat vanaand na ‘n sms by my ingedring het. Maak nie saak hoe hard jy daarteen baklei nie, die mense wat jy liefhet gaan nie verewig daar wees nie.

Op ‘n ligter noot, oor 30 jaar is my dogtertjie 30. Hestrie en MJ selfs ouer. Dit in opsig self laat die hare in my nek reis. Dus ‘n 30 jaar waarna ek opgewonde uitsien. Dis nuwe dinge en ervarings. Dis die “eendag as ek groot is”.
2013 was ‘n funny een… maar daar was meer lag as huil. Ek vat die houe op die ken wat na my kan toe kom, want soos die klein hondjie as die kans reg is hap jy die droewors raak. Then the juice would be worth the squeeze.

Laat die tyd saam die mense naby jou tel, ‘n dubbledosis van kwantiteit en kwaliteit. Lag lekker, lag hard en lag lank. Dis die stories wat ons in ons oudag gaan laat glimlag.

Groete
Die Smoes

Thursday, June 26th, 2014 Uncategorized

2 Comments to Tyd

  • Matt says:

    My blikkies,
    Net bewys van hoe besig n man kan raak, ek was seker n volle 2 jaar laas hier gewees. SKANDELIK !!!
    Smaak my ek sal die “oor ons” stukkie moet update om al die ontwikelinge by te sit…

  • Leave a Reply

    You must be logged in to post a comment.

    Die Smoes on Tyd
    Matt on Tyd
    Matt on Hie kommie Bokke!
    Hendri Schoeman on Hie kommie Bokke!
    Die Smoes on Hie kommie Bokke!
    December 2017
    M T W T F S S
    « Jun    
     123
    45678910
    11121314151617
    18192021222324
    25262728293031