Hie kommie Bokke!

Paar dinge wat nou deur my kop maal; jy weet, dinge soos byvoorbeeld “Oom, dis 13:00 op ‘n Sondag middag. Jy sit in die Spur op OR Tambo en jy dra ‘n das, ‘n parka en een of ander weird ding wat lyk soos ‘n kruising tussen ‘n wasbeer en ‘n helmet op jou kop. Seriously oom, WTF!?”. Of dalk is die mense met die prêm hier voor nie seker hoe om ‘n kind se doek om te ruil nie want ‘Liewe Ouers’ dit stink. Smaak my die kind het nie net ‘n nuwe doek nodig nie maar ook sommer ‘n enema! Ergste nog is die vrou regs van my. Sy’s twee verdiepings hoog en amper vier breed, maar sy bestel ‘n Double Cheddamelt Burger met ‘n Coke Lite. Seriously antie, Coke Light gaan jou f***l help nie. Veral nie na daai Chico the Clown poering van jou nie. Kry maar vir jou ‘n coke, ‘n gewone een, dan maak jy dit vir jouself en die wereld om jou makliker (en vinniger). Amper soos Standard Bank, Simpler Better Faster.

Dan is daar Spur se waiters. Die een wat my bedien lyk of sy dalk electric fencing op haar kop dra. Ek sweer, sy moet soos ‘n scalectric stel van ouds al op die spoorlyn kan huistoe gaan. Koppel net die kop aan die overhead kragkabels en die voete sal net begin hol. Die ander een hier oorkant lyk soos Odwa Ndungane. Miskien oefen hy kos aandra by die Wêreldbeker. Dink dis al wat die kalant gaan doen.

Gepraat van Wêreldbeker! Manne (en maninne), dis mos weer sulke tyd. En smaak my die ‘ou’ Springbokspannetjie van ons kom nogal nou in die regte gear. Mens sal sweer hul word gecoach. O ja, hul word mos nou gecoach. Rassie en Jacques Nienaber is mos daar. Wonderlik wat bietjie WP flair aan die spannetjie doen wat ‘n jaar terug gelyk het soos ‘n spul  Foxteriers wat ‘n speelding soek. Nee, ek weier om vir P Divvy (aka Snorre, Piet Helium en ander name wat onvanpas op ‘n publieke blog is) krediet te gee. Enigste krediet wat ek hom sal gee is dat hy uiteindelik agter gekom het daar is hulp nodig en toe roep hy dit in. En SARU kan hom krediet in sy bankrekening gee as hy die Wêreldbeker hier het. Andersins, kry net die donnerse ou uit.

Ek kan julle nou verveel met nuus oor my fantasiese vakansie in die Kruger Wille Dieretuin, seinde dat ek nou wragtag so verveeld is soos ‘n vlagwaaier tussen Laingsburg en Beaufort-Wes. Ok, miskien sal ek dit nie helemal aan julle doen nie. Ek moet egter net noem dat ek nog nooit soveel kreupels in een week gesien het soos ek hierdie week in die wildtuin gesien het nie. Enigeiets van ‘n olifant wat sy been gebreek het tot ‘n rooibok wat lyk of hy aan rummetiek lei (sien foto).

bok met gout



 

 

 

 

 

 

Eintlik is ek sommer net bored en wou net weer iets op Grondpad sit.

Laat dit juig mense. En onthou, Grondpad het skrewes nodig. Enigeiets is welkom.

Groete,
Boetie

 

Sunday, August 28th, 2011 Random, Sport

5 Comments to Hie kommie Bokke!

  • Die Smoes says:

    Wereldbeker tyd is dalk net weer die tyd vir samesein, Beerfests en Grondpad skrewes

  • lvanwyk says:

    Sjoe, klink lekker! Wens ek en Jan kon so bietjie die wereld beker saam met julle klomp iewers in die Horing geniet het! Geniet dit, en ons skree klip hard van die kant af saam! Liefde en groete

  • Die Smoes says:

    Dis ‘n babelas weeksdag sonder werkslus en nie eers ‘n springbok game die naweek om na uit te sien nie. Dankie Mnr Bryce Lawrence. Ek het nie eers iets skerps om te comment nie. Geen skrewes met gevleulde woorde nie. Net ‘n dag wat nie wil verby nie. As die dag so lank vat wil ek nie weet hoe lank die 4jaar tot die volgende world cup gaan wees nie…

  • Volgende 4 jaar? Smoes, moet jy nou nie kla oor jy gaan trou nie…jy wil die lewe vir jouself lank maak 😛

    (Dis mos die best man se werk om die ou te oortuig om nie te trou nie)

  • Matt says:

    Dag se maters.

    Smaak my ons moet nou n beter verskoning kry as om n get-together the hou om ons groen-en-goud helde in n final te sien…
    Soos Smook se, ons sal nie eers begin met BL nie.

    Hoop dit gaan nog goed met al die Horing vriende.
    Dalk moet ons n plan maak om die bar weer aan mekaar te sit, dit klink na n blerie goeie rede om n naweek byeenkoms te reel. Dalk by die nuut getroudes se huis….. 🙂
    Iemand sal net vir my en Marcelle n bank moet sponsor om ons koppe neer te le. Wil nie kanse vat met die po-po nie.

    Laat dit juig maters!!

    Groete al die pad uit G-bay

  • Leave a Reply

    You must be logged in to post a comment.

    Die Smoes on Tyd
    Matt on Tyd
    Matt on Hie kommie Bokke!
    Hendri Schoeman on Hie kommie Bokke!
    Die Smoes on Hie kommie Bokke!
    August 2017
    M T W T F S S
    « Jun    
     123456
    78910111213
    14151617181920
    21222324252627
    28293031