Nuus uit Namibia / Swakopmund

Hi Almal,

As ek so Facebook en Grondpad dophou verneem ek dit gaan baie goed met julle almal daar in die suide van Suid Afrika….. (en met smook daar in die donker Nigerie….)

Met ons gaan dit baie goed hier in Swakop, kan net nie glo hoe vinnig die jaar verby gaan nie, dit is alweer Mei Maand en van Sondag af is ons Namibiers weer ‘n uur agter julle klomp daar… Daylight saving time!

Met Jan gaan dit goed, die werk raak soms bietjie baie, hy het nou vir ‘n ruk nag skof ook gewerk, maar darm nie te lank nie, en toe weer van 05h00 toe 15h00 (wat beteken hy staan 03h00 op, en kom dan so half 5 by huis…) lekker shit ure, maar is dit ook verby en werk hy nou weer gewone ure … 07h00 tot 17h00 wat elkgeval nie so normaal is nie, want die site is mos so uur en half se ry, so hy moet maar vroeg ry, en kom so net voor 19h by huis… maar verder gaan dit goed, darm nog nie weer ‘n trein getref nie, en het darm weer sy nuwe wiele gekry.

Met my as mens gaan dit ook goed, die feit dat ek nie hier kan werk nie vang mens maar partykeer, en dit is nogal ‘n groot aanpassing, hier is gelukkig so baie vrouens van SA ook hier, so dit help darm as mens lus is vir geselskappie… weet nie wat ek met my tyd doen nie, maar as ek my kry is die dag verby…. bak en brou…. tot al my eerste beskuit gebak… hehe dit wil gedoen wees, want ek HAAT bak….
*Boetie, ek het noudie dag gese ek mis nou vir jou, het vir ons Chutney en Mayo Hoender gemaak! Ai ai, waar was jy!!!

Jan werk basies elke naweek, so ons hou maar naweek van Saterdag aand af, en dan gaan dit te lekker, verlang so na ‘n lekker kuier saam met julle almal! ‘n regte horing kuier! Het noudie aand ‘n braai hier by die huis gehad, en 04h die oggend gaan slaap…. so dat ek en Jan soos 2 koshuiskindersdie volgende dag moes gaan onverskoning vra het vir die bure, en die ergste… nie vir die geraas nie, maar oor van die mense wat sigaret stompies oor hulle muur gegooi het….. Niks wat ‘n bottel Montague Muscadel nie kan reg maak nie, en die mense is toe eintlik flippen nice ?

Ons is nog hard aan die gesonde kant, en in die weke gaan dit regtig baie goed ( naweke ken ons natuurlik nie iets soos diet nie) Jan speel nog 3 keer week Squase, en ek het vir Swakop begin Netbal speel, en dan gym natuurlik in die oggende.

My ouers kom einde April op Namibia toe, en gaan ons dan bietjie Nam toer tot in die Noorde, en dan kom Jan se ouers Junie/Julie op, so ons sien natuurlik baie uit na al die kuiers, en wag ons nou net vir julle klomp!

Nou toe, ek gaan eers groet, wou net slag bietjie van ons laat hoor, en julle moenie so stil wees nie…. ek wag nou weer om slag van julle ietsie te hoor!

Mooi bly, groete en liefde daar vir almal!

Mis julle almal maters!

 

Thursday, March 31st, 2011 Uncategorized

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.

Die Smoes on Tyd
Matt on Tyd
Matt on Hie kommie Bokke!
Hendri Schoeman on Hie kommie Bokke!
Die Smoes on Hie kommie Bokke!
December 2017
M T W T F S S
« Jun    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031