Daaglikse dagboek uit ‘n donker land

Hierdie is iets anders as my normale skrewes. Dis ‘n dagboek, of noem dit dagstukkies oor my ervaringe van ‘n land met soveel potensiaal. Nigerie se ondergang is hul mense. Lees maar verder en besluit self.

22 Maart 2011
Kon my self vandag net nie keer om met my Stormers trui in ons Pretoria kantoor in te wals nie. Ai die blou bulle is darm nie oorlamse Stormers in Pretoria gewoond nie. Het vandag gevlieg van Jo-burg na Lagos, vlug was heel fine met ‘n hele paar movies. Kyk toe maar weer Due Date en toe The Kings Speech. Ons land toe in Lagos met ‘n vakansie visa, ‘n laptop, GPS, Kamera, 40 penlight batterye en seker 400m se kabels konneksies. ‘n Coolbag vol kos genoeg medisyne op al die Nigeriase kinders in the ent teen polio gonerea en allerande ander siektes wat mens kan optel deur boer bok vleis te eet.

Wolf in skaap klere


By die lughawe was dit maar nes een of ander lughawe in Afrika. Rustig, paspoorte gestamp geel kaarte gekyk, maar niemand is ingeent teen ‘n belaglike warm hitte en bedompigheid nie. Ons klient, Mako is wat mens kan noem ‘connected’. Sy mense spring as hy praat en is nogals iets om te sien. Op die lughawe klim ek toe in ‘n luukse Toyato Land Cruiser Prado (wonder of die 1 kan dryf), met die drywer wat ewe rustig deur die mal verkeer gaan. Net ‘n hoot hoot dan beteken ‘n rooi verkeerslig niks. Die Micheal Jackson thriller musiek was dalk bietjie vreemd maar darm nie so dodelik soos die gegil geklink het nie.
Boek toe in die Protea hotel in 50grade hitte 189% humiditeit, en ‘n airkon kamer en restuarant is nie wat ek verwag het nie. Daar is ‘n bad so groot soos ‘n swembad en ‘n lekker stort. Stokkielekkertjies op die bed en ‘n Tv met als behalwe Supersport 2. Bliksem ek gaan die krieket mis.

23 Maart 2011
Vandag vlieg ons Abuja toe, dis mos nou eitlik hulle amtelike hoofstad. Werk nog net eers so bietjie aan die beplanning in die boardroom van die Protea hotel. Die GPS program werk vir ‘n kort rukkie nie, dis so half stressvol want daarsonder is ons reis eintlik maar net tyd mors.

Omkoop geld


Ons kry fone vir email-on-the-go, ja ja ek het ‘n blackberry en kan BBM messages stuur. Ons sukkel met ons emails maar hulle vat so lank om dit uit-te-sort dat ek en John amper ons vliegtuie verpas. So in die drapstap kar toe word daar NRN300 000 (omtrent R14 000) in ‘n bruin koevert vir ons gegee, bribary money is my eerste gedagte. Ons is laat vir ons vlug en check sommer ons begasie op die runway in. Weird wat jy als kan reg kry in ‘n land wat wette meer soos Guidlines is. Land in Abuja, my moer maar dis warm, kom ons pak maar Hotel toe. Hierdie rit was woes het soos iets uit ‘n rekenaar speletjie gevoel, Carmegedon of iets. Tussen taxis karre en busse ry daar derduisende motorfietsies wat soos miere in ‘n nes lyk. Hier het ek besluit dis ‘n goeie ding om nie 2de handse karre van Japan af te kry nie. Daar is nie weggooi plek vir al die stukkende karre nie en nie parkering vir die heles nie. Hulle parkeer langs die Highways en loop oor die straat huis toe.
Ons is darm veilig by die Hotel. Ek en ander John book by ‘n 2 slaap kamer hotel woonstel in. Hulle het nog ‘n kamer bespreek maar ons spaar darm so bietjie geld, dalk in die res dan ons sin. Ons ontmoet die guides in die hotel, klink nie of hulle veel weet of wil werk nie. O, my moer dit gaan ‘n lang 2weke wees. Ons gaan sit toe vinnig in die kroeg doen ons finale beplanning en drink ‘n Star of 2, nie die slegste bier wat ek al gedrink het nie. Verneem Pakistan wen vir Wes Indie.

24 Maart 2011
Die stort water is koud, breakfast is koud maar dis lekker warm buite. Dit als nog in die Protea hotel, dit maak my bekommerd. My guide en my drywer daag darm betyds op. Die werk moet begin…nadat ek die kar vol petrol moet maak. Die kar het darm aircon so mag nie kla nie.
Die guide en drywer ken nie die paaie nie, hulle kan by die dorpe uitkom net maar kan nie die kaart lees of fotos neem nie. Daar is moer baie borde, gemiddelde spoed van 40km/h, en ek moet 1000km per dag doen. Kom krismis kom.
Word afgetrek deur govermant officials, iets soos SARS net meer koerup. Die kar het nie ‘n operating licence nie, kom nou John betaal maar die NRN28000 dat julle kan verder gaan.

Bloukrans is nie die "scariest" brug nie


Die guides sit my op verkeerderde pad, wat was 2ure se beplanning anyway tussen vriende. So nou slaap ons in Zaria, wat ja Zaria, waar, ek weet nie. Dis soos ek vanmiddag die maps gedeelte van my nuwe Blackberry moes gebruik het om te sien waar ek is. Het vir ‘n ruk gedink hy gaan vir my se “Jy is diep weg in donker Afrika…
Kry seker 2ure na sonsak verblyf, NRN4000 per persoon, so bietjie cheaper as die NRN 48000 van die Protea hotel. Hier is die bier gelukkig cheaper, moet eintlik dronk raak en uitpass. Dooie gewig is moeiliker om weg te dra. O ja, hier is nie water nie.

25 Maart 2011
Staan min so vroeg op, maar ek is moer dors, dis 4uur in die oggend en die krag is afgesit, daar is n stok in my dakfan se speke gedruk. Dit raak darm 4:30 die Hotel gange is donker en lyk soos ‘n flat block in Hillbrow, met ‘n klein bietjie minder Nigerians natuurlik. Die receptionist lê en slaap op die bank met die tv wat blêr, die bar is gesluit, maar mens ek is dors. As daar water in my kamer was sweer ek ek het daarvan gedrink, wat is Herpititus nou anyway. Dit is dalk anyway deel van die 7 in-entings wat die vriendelike tannie in SA in my arm in gepomp het. Ek is terug in my kamer daar is water buite die hotel want die security guard is verveeld en was die karre kwart voor 5. Dis Nigerian water torture, veel erger voel dit. Nooit weer kla ek oor koue water nie, enige water sal doen.

Daar was water, net nie in die kraan nie

Die receptionist het uit sy koma opgestaan, ek het water gekry. Dis warmder as die water wat ek 2dae terug in gestort het in die Protea hotel, maar wie moan dan nog daaroor as jou keel al lyk soos daai prentjies van gebarste hakke wat in jou dokter se spreek kamer hang.
Die dag se werk het darm begin en darm redelik afgeloop. As ek my lewe minder as 10keer voor my sien flits, is dit ‘n goeie dag. (PS daar was ‘n paar interesante tye die laaste paar jaar, gaan lees maar die ander artikels op Grondpad en dan sal julle dit ook darm sien).
Ons is in Kaduna, weer sukkel ons vir slaapplek. Dis 2ure in ‘n donker stad later, 8 Hotels later voor ons blyplek kry vir NRN20000, dalk bietjie baie maar wie gee om. Hopelik is daar ‘n stort want ek ruik erger as my drywer.

26 Maart 2011
Het my mense gesê ons begin eers 9h30, want ek is moeg. Gister se Nigerian water torture het tot al my energie laat verdamp. Dit vat ons seker amper ‘n uur voor ons weet waar ons is in die stad. Die rondjaag opsoek na slaap plek gisteraand het my drywer en guide se kewers laat afval. Bring on Blackberry maps. Ons is op die regte pad uit eindelik.

Bliksem ek het mos vir al julle goverment liksense betaal, nog NRN10500 vir ‘n National Sanitation permit. National Sanitation, julle praat kak, gebruik julle die geld om julle holle mee af te vee, want die geld gebruik julle defnitief nie op ‘n effetiewe riool stelsel nie.
Na die heel oggend se gesukkel doen ons toe nou nie te veel vir die dag nie. My moer is al lekker suur vir die geklets in een of ander Afrika taal in die kar. Hulle kan nie met mekaar gesels nie, daar moet gegil word. Of hulle ooit vir mekaar luister sal niemand weet nie. Hulle praat heeltyd gelyk.
Bliksem tog, wat help dit ek beplan roetes en moet maar anyway dit aanpas dat ek nie in die middel van godsverlate vlakte moet slaap nie. Kry darm slaap plek in Abuja die aand. Die saans sit en bier suip in die hotel kamer raak ook nou al verveeld. Het ek al genoem die geld wat hulle in die begin in my hand gestop het is amper op.

27 Maart 2011
Die nagrus was darm nou nie te vreeslik onaangenaam nie, daar was ‘n aircon en warm water, ‘n luxury in Nigeria. Die water. Ek voel al of ek wil kots as ek ‘n advertensie bord sien. Hoekom sit julle nie ‘n bok kop op n paal soos daai kinders met die vark gemaak het in daai engelse boek, Lord of the flies nie. Country of the flies kan ons dit dan noem. In alle disse is daar bok, so adverteer dit dan. Bok niere, bok hart, bok hare en gewone bokvleis. Wat is vout met Karoo lam tjops (hoe smag ek nie nou so tjoppie nie).
Ek het vandag die eerste hond gesien in amper ‘n week. Toe ek 2 dae terug die gids vra hoekom hier nie honde is nie het hy my in gelig Moslems het nie honde nie. En hier het ek gedink hulle het wragies waar al die honde opgevreet. Gits Gids, daar leer jy my ook iets.
Ek moes ‘n kidney belt saam gebring het. Ek gaan seker vanaand bloed pis soos ons deur die potholes gaan. Ons ry daar deur ‘n pothole wat net klein bietjie kleiner as die Kimberley se gat is, my tande klap toe so dat ek sterretjies sien, of dit kon dalk net die stukkies enamel van my tande gewees het wat agter my oog balle in my brein op geskiet het.
Dis middag ete, ek het nog net droë brood geëet. Ek sal moet groente of vrugte kry voor die skeurbuik my vang.

Afrika restuarant

Gaan sit maar in ‘n “restuarant” saam met my African brothers. Toe ek eers die bok afval sien verloor ek my eetlus en amper gister se droë broodjie.’ Excuse me, can I have the rice please’. Ek eet toe maar my chillies met rys geursel en hoop nie ek kry loop magie nie, want die chillies gaan meer as net my oë laat traan.
Ek stry toe die mense in die Hotel af van NRN 19000 af na NRN 10000 toe. Sit maar in my kamer met ‘n bier en kyk hoe Nigerie vir Etihopia verwoes in die sokker. My telefoon lui, dis die Transporter, hy is voor my Hotel, hy het vir my ‘n pakkie by die lughawe gaan optel. Dis ‘n bruin pakkie seker so groot soos ‘n half-loaf, ek druk toe die pakkie onder my arm en maak pad kamer toe met Mission Impossible se tema lied wat in my kop speel. Ek het darm nou weer geld.

28 March 2011
My drywer is ook nou al frustreerd in die verkeer, my bliksem, nou eers. Hulle se Liewe Jesus vergewe als maar ek wonder of Hy my sou oorsien as ek moes gery het. My guides verstaan al klaar so 70% van alle afrikaanse (noem dit) krag woorde. Hulle lag elke keer as ek een per toeval uiter en maak my dan na. Dis seker nie snaaks nie maar moet elke keer lag as ‘n Nigerier in Afrikaans vloek.
Ons het van dag ‘n groot klomp roetes gedoen en my gat is redelik lam. Ons was vandag op ‘n roete met meer trokke as motorfietsies. Dit was seker een van die mees vreesaanjaende ervarings in my lewe. Bloukrans se moer kom ry hier. Daar is diep vore in die pad getrap so uitswaai sonder om jou kar te laat rol soos in daai game Crash is feitlik onmoontlik. Sorg dat jou saak reg is met Liewe Jesus en knyp jou oë toe, anyway dis wat ek gedoen het. Die plek maak jou geloof sterk.
Wat ek ook versuim het om al the noem is dat hier nie regtig ‘n breakdown insleep diens is nie. As jy in ‘n ongeluk was met jou kar of veral jou trok, en jy is nog gelukkig om te lewe na die ongeluk en hospitaal dan los jy jou voertuig daar langs die pad. Dit maak vir ‘n goeie arrive alive campaign. Plus dit maak die rit vir ander motoriste meer interesant, want nou het hulle gebreekte voertuie, potholes, motorfietse en bokke om voor uit te kyk.
Dis dalk ‘n goeie tyd om net gou Nigerie se pad wette of die terkort daaraan te verduidelik. Hulle ry meestal aan die regterkant van die pad, dit is natuurlik afhangend van die potholes. Die spoedgrens word bepaal deur die kwaliteit van die pad. Daar is waarlik ‘n rang orde vir die gebruik van die breedte van die pad. Trokke kry voorkeur SUV’s, SUV voor karre en karre voor motorfietse. Skape en bokke kry ook voorkeur voor motorfietse. As jy ewe groot is gaan dit op ‘n first-come-first-serve basis. As dit nou sou gebeur dat julle gelyk daar is, kry nie man met die meeste duike in sy voertuig kans om eerste te ry. As jy nie by die reels hou nie, is jou lot dieselfde as die arme bokkie waaroor ons vandag gery het.
Ek is nie lus om vanaand weer blyplek in Zaria te soek nie. Rather the devil you know than the devil you don’t. So ek is terug in die selfde Hillbrow flat blok waar ek laas sonder water was. Geen bomatige hoeveelheid kakerlakke nie, check. Geen insekte groter as my duim nie, check. Lopende water vir my wasbak en toilet, check. Als reg, wat kan dan nou vout gaan…

29 Maart 2011
Het vanoggend opgestaan sonder krag, dit pla my nou nie eers meer nie, maar net bietjie langer gelê dat die son by my venster kan inskyn. Ek is nou ‘n week in Nigerie en probeer toe maar die koffie in die “Coffee shop” dit is als sakkie koffie sakkie melk en skakkie suiker, hoe kan jy dit opmors. Laat ek gou vir julle verduidelik hoe, jy gebuik die water waar in jou boerbok gepis het. Self die mees eenvoudigste dinge is ‘n daaglikse stryd…tenminste is hul petrol goedkoop.
Hoor vanoggend Francois se drywer het gister aand hul bakkie afgeskryf. Blykbaar weg gejaag vir iemand, seker maar die polisie. Ek het gelukkig darm nog nie teenspoed nie.
Ek begin nou verstaan hoekom hulle paaie so lyk soos dit lyk. As die paaie op jou lys, die paaie op jou kaart en die paaie wat actually gebou is dag en nag verskil hoe beplan jy rehablitaise. Het vandag 2ure gemors opsoek na ‘n pad wat nie bestaan nie, en toe moes ek maar weer my roete aanpas. Soos dit nou gaan mis ek my verjaarsdag of dalk kersfees.
Slaap vanaand in Kotagora in die Niger staat, in ‘n gemiddelde hotel. Daar is darm water ‘n werkende aircon en ‘n nuwe toilet. Julle weet daai met die 2 knoppies, 1 vir nommer een en 1 vir nommer twee. Die hotel het nie ‘n bar nie, so ek stuur maar die algehele helper shibien toe vir 2 korts. Ek moet iets drink terwyl ek more se beplanning doen.

30 Maart 2011

Nog ‘n daggie nader aan ‘n rump steak met Jimmy sous, man weet julle ek gaan sommer brandewyn drink…saam met Coke. Ek het gisger aand lank wakker gelê en gedink aan die mense by die huis en veral aan my verloofdetjie. Mens wat ek nie nou sal gee om langs haar eerder wakker te geword het nie. Maar nou ja, genoeg gedroom, opstaan werk toe. No food for lazy man.
Ek is nogsteeds in die Niger staat maar het vandag so klein detour gevat om ‘n stukkie van die Kanjia dam te sien. Ek is darm in ‘n ander land en moet darm nou die mooi ook sien. Dit is ‘n mooi land as jy die mense, bokke en advertensie borde verwyder. Dit is die boomtykste plek wat ek nog gesien het. Orals is net bome. Die mooiste mango bome, seker 5 verdiepings hoog.
Het 3ure aan 100km gery, ek moet 800km per dag average. Die sommetjie werk mooi, 33.33km/h, 24 ure in ‘n dag = 799.92km per dag. EK gee half min om vir daai laaste 800m.
Het vandag free range hoender geëet. Daai arme hoedertjie moes gewerk het vir elke mielie pit wat hy in sy lewe geëet het. No food for lazy chicken, lazy chicken becomes food. Die taai vleis pla my skaars. Ek het vanag iets gedoen wat my pa my vandag nog ‘n moerse pakslae sal gee…ek het rommel gestrooi. Nie net 1 stukkie rommel nie maar 3. Ek het 2 leë bottels en ‘n energy bar papierjie wat al die laaste 1000km saam met my ry. Toe ons ‘n slag uitklim vra ek my drywer waar ek my goedjies kan gooi, hy beduie toe net daar langs die pad waar die hele dorp se rommel klaar le. Ek sit toe maar my goedjies by mekaar op die grond langs die pad neer terwyl ek kort kort oor my skouer kyk wanneer my pa agter die boom gaan uit spring en my hard bliksem.
Ons bly vanaand langs die Katjia dam, OK, dalk nou heeltemal langs die dam nie maar in die aangrensende dorpie. Baie oullike Motel nogals met ‘n spoggierige skildery bo die bed. Die plek het konstante krag die groot rede glo ek is die feit dat die Kanjia hidro elektisiteit skema 5km van die dorp af is. Vir daardie selfde rede sou ek onder normale omstandighe aan geneem het dat daar nie ‘n tekort aan water sal wees nie. Daar is water, net nie baie op ‘n slag nie. Dit dien darm ‘n doel dit koel my darm so bietjie af op meer as een manier.

Goed koop maar aanvaarbaar


Ek raak nou ernstig gatvol vir ‘n die plek, ek is ‘n Suid-Afrikaner en trots daarop. Ek wil in my eie huis sit en bier drink, ek wil MK luister in die aande en Houstok deur die dag. Ek wil gaan shows kyk in die Boer en gaan steak braai by vriende. Ek wil my bakkie Karoo toe ry en ‘n bok gaan skiet. (‘n Sprinkgbok moet nou maar die houe vat wat ek vir die boerbokke hier voel). Ek wil saam praat oor hoekom die Proteas dit nie gemaak het nie. Ek whiskey gaan drink op Groote Schuur se velde terwyl die Stormers op Nuweland speel. Ek wil op ‘n pad ry waar my tande nie heeltyd klap nie. EK wil golf speel en rooiwyn drink.Ek wil die meisie in my lewe elke dag ‘n drukkie gee en sê ek is lief vir haar.

31 Maart 2011

Het maar weer vanoggend onder drip besproeing gestort ek het darm skoon gekom..,na ‘n rukkie. Ek glo dis makliker om jouself met ‘n glas water te was as om die die Nivia all in one met ‘n staaltjie water so dik soos ‘n garing draad van jou lyf af the probeer kry. Het omtrent ‘n hele brood weg gegee vanoggend, het geproe soos toilet papier. Gepraat van die toilet papier, daar is darm van dit in die land, one ply natuurlik. Die groefies wat daarin gedruk is (ek neem aan vir beter grip en ‘n cleaner wipe) maak dat die een kant so rof is dat dit voel of jy jou hol met ‘n rasper afvee. Glo my daardie vout maak jy net eenkeer, daar na vou jy maar die rasper kant binne toe. Ai hoe mis ek nou my honjie toilet papier.
Oor middag ete het my drywer en guide dit goed gedink om die immegrasie offisiere presies te vertel wat ons doen. Nou ja, ek is nou nie regtig wettig in die land nie aangesien alles nou so spoedig moes verloop. In kort ek ‘n vakansie visa en mag nie regtig werk nie. So ‘n Suid-Afrikaner wat onwettig in Nigerie werk. Voel bliksems voel.

NRN 28 000 en ek vergeet dit


Nou ja, toe vat hulle my paspoort en “detain” my solank terwyl hulle en my guides besluit wat ‘n aanvaarbare bedrag is om jou land te verraai en minder papier werk te doen. Nou hulle het gevoel NRN 100 000 is die regte bedrag. My guides het gedink dis te veel en hulle afgestry tot ‘n skamele NRN28 000 aangesien dit al was wat ek in my beursie gehad het. Die res was veilig in my nuwe rekbare onderbroek gedruk. Nou ja, my ma het altyd gesê moenie geld in jou mond sit nie, en ek neem aan dis hoekom. Terwyl die manne gepraat het, het maar rond geloop en ‘n paar fotos geneem ook toevallig van die eed wat al die offisiere moes aflê, wat in kort se ek is lief vir Nigerie en sal dit nooit veraai nie.
Het vandag deur ‘n election campain gery. Grens aan belaglikheid, hulle volg dieselfde mense wat hulle uit al hulle geld uit skroef blindelings, maar ek het dit al erens anders ook gesien. Slaap in Ilorin vanaand. Hier is darm ‘n stort maar te min krag om die aircon te trek.

1 April 2011
Wat ‘n heerlike dag om April fools grappies te maak. “Hallo julle, ek word aanghou deur immegrasie offisiere” maar dis nie eintlik meer ‘n grappie nie.
Ek is gatvol vir kak paaie en kak skelm mense en sommer ook die kak langs die paaie. Is weer vandag afgetrek deur die “Task force” van die gowerment. Raai wat, natuurlik is my vorige aankope nie voldoende nie. “Hoeveel kos dit die keer, wat net NRN30 000, en dan kan ek orals in die land rondry, is jy seker” “yes master”. Op daardie stadium was ek al so bietjie moeg gery en was nie vreeslik lus vir stry nie. Sê vir die eerbare staats beamte ek het nie NRN30 000 nie, klim uit die kar uit en gaan sit op my gat onder die boom.
Na ‘n rukkie wat hulle nog met die drywer stry kom hulle agter ek is die man met die beursie. Hulle kom sit toe daar by my en wil onderhandel. Ek het NRN12000 vat dit of los my dat ek onder die boom in vrede kan sit. Toe gebeur ‘n vreemde ding, hulle vat toe die NRN12000 plus gee vir my ‘n kwitansie. Nou wil ek baie graag weet, as die kwitansie dan nou regtig geldig is, wat gaan jou baas daarvan dink as jy die goedjies vir minder half prys verkoop het.
Raai wat, die pad is treurig kan nie verder gaan nie, dan draai ons maar om en gaan terug Ilorin toe. More is verkiesing ons mag nie werk nie. So luxury hotel hier kom ek , more wil ek die krieket final kyk.

2 April 2011

Nou ja, dit is lekker om ‘n slag bietjie later te lê en nie na die die gebler van my guides in my ore te hoor nie. My geld is op Indie, soos voor die Worldcup ook. Dit raak alleen maar in die kamer en ek mis my mense. Stap toe maar af na die “pool bar” toe wat deel van die hotel is. Daar is niemand, hulle het seker maar hul kruisies gaan trek. Gaan maar weer kamer toe.
Dis net na 1 in die middag. Fanus bel my. Dog eers dis ‘n Aprils fools grappie. ‘n Dag te laat. Die verkiesing is afgestel. Wat. Hoekom? O, ja want julle kan nie vertrou word om eers julle eie holle skoon af te vee nie.
Bel maar my drywers, kom ons gaan survey, want ons kan nou maandag nerens heen nie. My drywer is dronk en ry omtrent net 20km voor ek hom amper bliksem en terug huis toe draai.

Arrive Allive - nie altyd moontlik


Wel tydens die onaangename rit in Ilorin rond, neem ek toe perongeluk ‘n army mannejie af. Die advertensie bord is die fokus punt, maar sy vet kop is in die linker onderste hoek. Net ter inligting, moet nie ‘n army man in Nigerie afneem nie, moenie eers mik nie. Ja, my poepol het die leer sitplek getrek soos ‘n krimmetart pit water trek.
Terug by die Hotel reguit bar toe, my senuwees is op, iets tussen ‘n dronk drywer in Nigerie en ‘n AK47 in my gesig. Die krieket is op, Indie lyk in die moeilikheid maar Dhoni is darm nou in. Ek raak toe aan die gesels met die Kwarra Hotel se Manager. Hy is ‘n suid-afrikaner en gat vol vir die mense. Hy se hulle reputasie het hul verdien, en die vriendelikheid is net om later in jou sak te kom.
Indie wen die World cup, en ek gebruik amper vir die eerste keer die C-woord om die Proteas te beskryf. Verkeerde span keuse manne, Johan Botha is nie ‘n nommer 7 nie, en nie ons volgende kaptein nie.
Dis amper huis toe gaan tyd, ek mis my mense.

3 April 2011
Vandag is Sondag, moet terug in Abuja kom, sodat ek kan Lagos toe vlieg vanaand. Die verkiesing is nou Maandag, so dan mag ons nerens rond ry nie. Ek hoop tog net hul verkiesing papiertjies is dan reg geprint, en die resultaats papiere nie klaar ingevul nie.
Kom manne kom ons ry, vinnig ook, Master se vlug is 6uur en ek wil dit nie verpas nie. Ons survey darm ‘n groot gedeelte oppad Abuja toe. Goeie dag se werk, maar die 11de dag straight. Gatvol beskryf nie meer die kondisie wat ek in is nie. Ek wil huis toe gaan, dis nie meer lekker nie.
Check by Abuja lughawe se “domestic” seksie in, dis moer deur mekaar. Uur later het ek en John elk ‘n boarding pass, sonder ‘n tyd op. Niemand weet hoe laat die vlug is nie, ons moet net gaan wag vir die vliegtuig in die “Departure lounge”. Ek mis O.R Tambo lughawe ek mis Cape Town International, ek mis LED display tekens en ek mis mense wat hul werk doen sonder om “kick backs” te soek voor hulle jou help.
Na ‘n 3ure delay en Nigeries wat met mekaar stry, mense sonder die regte kaartjies en ‘n uur se lug vlug, 20 minute lank soek vir ‘n parkeer plek vir die vliegtuig is ek uiteindelik in Lagos. 1 Stappie nader aan my huis my bed my bank. IPL maak reg hier kom ek.
Is ingeboek in die Protea hotel, klop ons ander maters wakker en drink toe maar ‘n paar biertjies tot so 4uur die oggend toe, more is ‘n afdag, vliegdag, beste dag.

4 April 2011
Wat ‘n rustige dag, sit om die swembad en ek eet ‘n steak met 2 eiers vir breakfast. Ons jaag seker maar ‘n goeie bar tab op ons kamers se rekeninge op. Lekker. Doen net niks, en verneem dat die verkiesing anyway nie gaan gebeur vandag nie. Wat ‘n mors van tyd, produksie is nie ‘n woord wat hul ken of verstaan nie. Ag, wie gee om, ek wil huis toe gaan. Ek mis die ANC se leuns.
Klim so 22h30 op die vliegtuig terug SA toe, ons almal juig toe ons in die lug is en drink ‘n brandewyn en Coke. Die vlug is leeg, trek my dwars oor 4 seats neer, ek is oor die ewenaar. Cheers Nigerie eks weg, al gaan ek my Johannesburg-Kaapstad vlug verpas, ek sal plan maak as ek daar kom.

Groete
Die Smoes

Slotsom.
Ek sit nou op O.R. Tambo Wimpy met ‘n Mega koffie en besin oor die laaste week en ‘n half.
Jammer grondpad, ek weet dit is meestal ‘n Afrikaanse forum, maar ek wil die laaste stukkie tag, dat iemand anders dit ook kan sien en lees.

Traveling in Nigeria and the problems they face
An open letter to Goodluck Johnaton (the current president)
Traveling through Nigeria is an indescribable experience. There is no way I can fully make somebody understand what the country is like. It has a close resemblance to a Top Gear episode I once watched. You know the episode were Jeremy Clarkson, Richard Hammond and James May bought old second hand cars in the States. The bought them for less the $1000 and did not expect much of this cars. Almost nothing in the cars worked and they faced problem after problem. As they continued their journey, somehow the managed to fall in love with the almost worthless cars. The cars, although battered and bruised had soul that carried them through all challenges and difficulties faced.
You see, Nigeria is nothing like this. It is like the episode they took the Toyota Hilux in perfect condition. They burned it, drowned it, wrecked it and blasted it of ‘n 20 storey building. The Hilux remarkably started but it will never again retain its potential it had. That is exactly what you and the people before you have done to Nigeria.
Don’t worry about border control; nobody wants to come in anyway. Everybody is leaving your shit hole. Worry about birth control rather. You are too many people; 170 million is exceeding any possible recourse you may have left. Stop importing second hand cars and trucks. They break down everywhere and slows down traffic (although temporarily). Gets your railway system working again; this will mean that the overloaded trucks will not continuously destroy your already terrible roads. Create jobs by taking the kickbacks you and your no good government officials take and upgrade your electricity supply. No country can be economically strong and viable with at least 3 daily power failures. For all that I care you can sell your shares in the multiple generator manufacture companies before hand. Stop taking bribes from Shell in the Niger Delta, let them clean up their mess. You have enough crude oil; build more refineries so you don’t have to import fuel. Stop, and my dear sir this starts right at the top, corruption, kick backs and everybody wanting money for doing nothing. Sir this is the culture you and your previous governments has installed into the people.
Before you do this, Nigeria will for always fail.

Tags: , ,

Saturday, March 26th, 2011 Uncategorized

5 Comments to Daaglikse dagboek uit ‘n donker land

  • Smoes jou skrewes laat my elke dag lag! Klink of jy n …. erm …. interressante tydjie het

  • Waar is die res??? Wil nog sien!

  • Louise says:

    Goeies Smook,Goeies,ons travelsaam met jou!

  • Matt says:

    Hahahaha, I like!!
    Jy sal nou maar op hoogte moet hou so dag tot dag.
    Ek meen, wat anders doen jy in die aande…

    PS: wat soek jy daar?

  • Annelize says:

    Smook, kan nie help om te sit en giggel terwyl ek dit lees nie.
    Jy moet nog skryf!! Sommer gou ook!

  • Leave a Reply

    You must be logged in to post a comment.

    Die Smoes on Tyd
    Matt on Tyd
    Matt on Hie kommie Bokke!
    Hendri Schoeman on Hie kommie Bokke!
    Die Smoes on Hie kommie Bokke!
    December 2017
    M T W T F S S
    « Jun    
     123
    45678910
    11121314151617
    18192021222324
    25262728293031