Twintig Tien Niks…bly ooit dieselfde

Dit is weer tyd vir my om iets op Grondpad te skryf, omdat ek lus is en omdat ek voel ek moet. Ek moet pen op papier neersit om te probeer sin maak van die jaar wat verby is, want die jaar is vinniger verby as ‘n Dale Steyn wip bal. Twintig tien, die swanesang van die 1ste dekade van die 20ste eeu. ‘n Wipplank jaar.

Tweeduisend-en-tien na Christus was een van die meer vreemde jare in my lewe, nie sleg nie net vreemd. Noem dit maar ‘n diep sielkundige steurnis. Ek gebruik die vergelyking van ‘n wipplank vir twee baie verskillende redes. Die wipplank vergelyking word eersteliks nes in meer formele afrikaanse rubieke gebruik as ‘n illustrasie van die op’s en af’s van die moderne samelewing. In die volgende afdeling (noem dit maar post-alternatiewe sektor) in my ou familie taal rubriek maak ek sommer my eie skryf reels op.

Wipplank- die eerste beskrywing
Ek wil die wipplank beskrywing vir eers glad nie uit konteks uit haal nie en net eers die volgende beklemtoon. Dit was ‘n jaar vol ongelooflike tye. Nie eers die aaneen geblaker van vuvuzelas kon die trou klokke verdruis nie. Troues uit die Horingkring® was die beste troues waar ek nog was (hopelik sal my eie eendag beter wees ?).

• Die op’s
Die Louw’s was eerste op ‘n renerigne dag in Augustus. Nie eers die wolkbreek kon hul liefde vir mekaar (of ons drinklus by die open bar) blus nie. Helga en Leon was volgende en sy het kort voor haar verjaarsdag in September die “ja” woord gesê. Hulle het op 2 baie verskeie maniere hul opgewondenheid bewys. Helga het amper vlou geval waar Leon besluit het om om ‘n glas te dans. In Oktober in Calvinia was daar vir die pas getroude Jan en Louise ‘n lied opgedra terwyl die res van ons maar in die Hoërskool koshuis gesing het. Elk van die bogenoemde troues kort eintlik elk ‘n berig in die grondpad koerant, of selfs in Calvinia se dorps koerantjie.

• Die af’s
Nie eers die berg bachelors partytjjes en troues kon maak dan ons mekaar meer gereeld sien nie. Dinge was anders, die Dros kuiers het opgedroog, die braai’s by Bokmakierie het ook vroeg in die jaar verdwyn. Selfs Susan straat se vure het nie meer so hoog gebrand nie. Dit is vir my moeilik om tot ‘n vergelyk te kom wat die rede hiervoor is. Ja, die afstand het moeiliker geraak, veral nadat Jan en Louise NAM toe getrek het (maar NAM toer opsies het oop gegaan). Ja, die Horing is in ‘n garage gaan stoor (nie Cabernet sin nie). Ja, ons was almal betrokke by bruilofte en bachelor parties. Ja, ons was almal besig met ons eie ditjies en datjies. My vraag bly, wie van ons het regtig ‘n goeie verskoning oor die drastiese vermindering in Horingkring® se sosiale geleenthede.

Wipplank- die tweede beskrywing
Noudat ek klaar soos ‘n ou Suid Afrika politikie skrywer gemoan het kan ek seker ‘n gepaste waarneming om skrif vasleg. Die verbintinis tussen ‘n wipplank en die Horingkring ®.

Om alleen wipplank te ry, wel hoe kan ek dit sagkens stel, is maar bra kak. Behalwe dat jy heeltyd onder is en net wil agteroor bliksem as jy nie aan die koue staal handvatseltjies vashou nie speel die volgende klein senariotjie homself so graag af. Jy skiet jouself so mooi op om net ‘n bietjie na die sterre te reik, maar die realitiet is jy kom vinnig af aarde toe en stamp jou klip harde gat. Al wat jy daar uit leer is dat sonder vriende eindig jy in die stof op met ‘n bas vol splinters.

Maak nie saak hoe ver jou vriende weg is nie, of dit nou ander kant die Atlanties is of selfs ander kant die Oranje rivier, vriende kan altyd op die anderkant van die wipplank sit. Volgens TOM220 raak die moment porporsineel groter hoe groter die afstand. As jou vriende dalk nie so ver is nie, omring jou self dan maar ‘n paar ‘heavy weight’ vriende wat deur dik en dun saam met jou sal staan.

Julle is my heavy weights, julle is die mense wat my op ‘n ‘high’ hou, en daarvoor dank ek elkeen van julle.

Groete
Die Smoes

P.S. Die volgende fase van vriendskap het aangebreek, die dae is dalk weg dat kuiers net outomaties gebeur, maar die Horingkring is ‘n legende wat nooit sal dood gaan nie.

Monday, February 21st, 2011 Uncategorized

5 Comments to Twintig Tien Niks…bly ooit dieselfde

  • lvanwyk says:

    Sjoe, glo dit nou of julle wil of nie, Smook, jy sit sommer ‘n traan in my oog met die artikel!!! Hel mens, tog so diep wat jy kan raak!!!

    Dit moet seker die verlowing wees of hoe?

    Namens ons almal NOGMALS BAIE BAIE BAIE GELUK SMOOI EN MARETHA, een van die dae is dit smook 1 en smook 2……

    Mis julle almal maters, en werk aan daardie Nam toer, toe man!!!

  • admin says:

    Smook, daar is een onteenstrybare feit hier. ***Dinge verander***. Ongelukkig (en BAIE gelukkig) is die verandering van enkellopend, of net ge’kys’, na getroude mense die grootste rede vir verandering tussen ons.

    Dis onmoontlik om die paaie wat die lewe met mens loop altyd die ontwyk (ek try my bes om nie te trou nie byvoorbeeld, maar ek is seker dit gaan my soos ‘n groot k** van agter vang) en die paaie van die horing kring het gegaan van ‘n groep vriende wat mekaar meer gesien het as die gemiddelde man en vrou tot ‘n groep getroude mense wat mekaar meer sien as hul vriende. Dis nie verkeerde nie, dis die lewe. Dis iets wat ek ongelukkig meer as julle ervaar op hierdie oomblik siende dat ek nou LETTERLIK die enigste een is sonder ‘n lewensmaat! Hel dit klink depressing!!.

    Ek vind myself meer verveeld en op my eie as in die verlede, iets wat ek beslis nie gewoond is nie. My hoof tydsverdryf op die oomblik is swot, skottelgoed was, kosmaak en 1 of 2 keer per week ‘n dop iewers drink. Moeilikste is om in die week te kuier deesdae, en naweke voel dit of almal ‘ander planne’ het.

    Ek sal seker die skaarste wees hierdie jaar wat julle my ooit sal sien (Die swottery gaan my regtig baie besig hou) maar ek is seker daar sal wéér legendariese kuiers wees, hier en daar trippies na ou bekende plekke – Kleinbaai (reeds van ons die naweek), VicWes, De Drinken, Breede Escape, of waar ookal – en dan ook verseker ‘n naweek of twee na iewers nuut – miskien die Sederberge of iewers langers die Weskus. Daar sal kuiers wees, ja wel minder as wat ons in die jare voor 2010 gewoond was, maar steeds legendaries in hul eie reg. Nie eers te praat van die ‘Bruilof van die Jaar’ nie. Hierdie jaar is dit BAIE MAKLIK om dit te voorspel.

    Ek kan nie wag vir ons volgende kuier nie. Ek mis ons vriende in Nam vreeslik en hoop (al hoop julle dalk self anders) julle kom eendag weer terug na ons toe. Maar moenie vrees nie vriende – die toekoms begin nou eers!

    Al wat ek kan sê is :
    Op goeie tye wat was En daar was oneindig baie
    Op goeie tye wat is Die hede is wat ons daarvan maak
    En op al die goeie tye wat nog kom Daar sal nog oneindig baie van hierdie ook wees!

    En en en en ! Moenie vergeet nie ….. OP DIE SMOES EN SY MARETHA! BAIE GELUK!

    Cheers!
    Boetie

  • Matt says:

    Goeie bliksem manne.
    Daar begin my keel ook sommer n krappie in kry.
    Ek gan maar my storie kort hou, my woorde se vlerke span nie so ver soos bo-genoemde nie…

    Dit is 110% waar wat julle daar se, en dit is niemand se skuld nie.
    Maar aan die ander kant wil ek ook se, k@k storie!
    Dink ons kan so bietjie meer moeite doen om by mekaar uit te kom.

    En ek is voor in die koor as dit by afskeep kom.
    As ek iemand oor nooi is dit op no 99.
    As iemand ons nooi is daar nie altyd tyd om terug te lat weet nie.

    So, hier is my voorstel:
    Ek en vroutjie het al laas jaar hier oor gepraat en sy weet waarvoor sy in is.
    Roos straat 9 se deur sal altyd oop staan as n mater bq wil see toe kom, of wil in val vir n ‘sommer net’
    Julle ken my mos so, het ook soms maar net n verskoning nodig…

    Maar die Louw’s sal hulle kant bring om hulle deel te doen!!!

    Begin sommer nou, julle sal vnd n sms’ie kry om te laat weet.

    Raait, voor die besigheid te diep raak.
    Cheers vi eers maters en sien julle by die see…

  • Die Smoes says:

    Matt, ek wag nog vir my sms. Glo darm as ek daar opdaag sal ek nie weg gewys word nie. Sal ‘n draai kom maak as ek terug is.

  • Leave a Reply

    You must be logged in to post a comment.

    Die Smoes on Tyd
    Matt on Tyd
    Matt on Hie kommie Bokke!
    Hendri Schoeman on Hie kommie Bokke!
    Die Smoes on Hie kommie Bokke!
    August 2017
    M T W T F S S
    « Jun    
     123456
    78910111213
    14151617181920
    21222324252627
    28293031