Ek ken ‘n ou …

Sommiges van julle was by Leon en Helga se troue – wat ‘n partytjie! – en het seker gesien hoe ek aan’t bewe was met die speech wat ek gedoen het die aand. Ek het heel party van die goedjies wat ek moes sê vergeet. Hier is die speech as iemand dalk belang stel om dit weer te lees…

My heildronk op Leon:

Ek ken ‘n ou.

1.       Iemand wat sy vriende en sy familie bo alles anders ag.

2.       Iemand wat sy Hemelse Vader ken en ‘n pad saam met hom stap

3.       Hierdie ou is ‘n ware ‘handyman’. Ek dink as jy hom vra sal hy selfs ‘n manier kry om ductape te kan regmaak.

4.       Ek ken ‘n ou wat sy drywer 350m plus kan slaan. Dit moet egter ‘n perfekte dag met die wind van agter in die Karoo wees

5.       Hierdie ou is game vir alles. Van bungyjump by bloukrans tot dune board met ‘n branderplank in die Namib.

6.       Hierdie ou skree ongelukkig  vir die blou bulle maar hy maak op daarvoor deur nie by ABSA te bank nie.

7.       Ek ken ‘n ou wat trots is op Afrikaans en wat gek is oor afrikaanse musiek.

8.       Hierdie ou ry ‘n bakkie. Maar nie sommer enige bakkie nie. Hy het ‘n cape flats sound system ook in.

9.       Hierdie ou bou ‘n bar, dan noem hy hom ‘horing’ – nie omdat hy moet of wil nie, maar omdat hy kan.

10.   Die ou kan jou ‘n ding of twee vertel van bid or buy en bargains koop.

11.   Ek ken ‘n ou wat wendrieë by interskole druk.

12.   Maar, vriende, hierdie ou word vandag ‘n man.

a.       ‘n Man wat enigeiets vir sy vrou sal doen. Hy hanteer haar met die grootste liefde en respek en plaas haar behoeftes altyd bo sy eie.

b.      ‘n Man met respek en eindelose liefde vir sy ouers ,sy broer en suster, en so ook sy uitgebreide familie en selfs vriende.

c.       ‘n Man met waardes.

d.      ‘n Man met trots en groot drome

e.      ‘n Man wat terugstaan vir niemand

Hierdie man is Leon. Dis vir my ‘n voorreg om vandag een van sy ‘best men’ te wees en om hom my beste vriend te kan noem.

Oom Kriek sou vandag baie trots gewees het op sy nuwe skoonseun!

Vriende ek vra dat julle ‘n sal staan en saam met my jul glase sal klink op Leon.

In eie woorde, soos hy dit uitgedink het : Op goeie tye wat is, Op goeie tye wat was en op al die goeie tye wat nog kom.

Groete,
Boetie

Thursday, October 14th, 2010 Uncategorized

2 Comments to Ek ken ‘n ou …

  • Matt says:

    Baie netjies BB
    Dit het nie heeltemal so uit gekom nie, maar die punt was mooi oor gedra!!

    Moet se, ek het jou nog nie so sien bewe nie 🙂
    Ook nie geweet jy is n man van sulke diep denke nie, WELL DONE!!

  • Haha, ek probeer besluit of dit ‘n kompliment is of ‘n belediging 😛

    maar ek glo darem dit het goed genoeg anderkant uitgekom …

    Laat dit juig!

  • Leave a Reply

    You must be logged in to post a comment.

    Die Smoes on Tyd
    Matt on Tyd
    Matt on Hie kommie Bokke!
    Hendri Schoeman on Hie kommie Bokke!
    Die Smoes on Hie kommie Bokke!
    August 2017
    M T W T F S S
    « Jun    
     123456
    78910111213
    14151617181920
    21222324252627
    28293031