Mosambiek of te nie…

Die Roete

Dis nou byna 2 maande nadat ek begin skrywe het aan die artikel. Soos ek weer deur die half geskrewe skryf stuk lees kom ek agter hoekom ek so gesukkel he tom die stuk te voltooi. Dit was en is nogsteeds nie die maklikste stuk wat ek al geskryf het nie. Ek het vir ‘n lang ruk weer gedink hoe ek dit objektief kan skryf soos ‘n wannebee joernalis dit sou doen. Ek het harde en kras sinsnedes geskryf maar dis hoe ek gevoel het. Ek het tot die konklusie gekom dat vir ‘n semi objektiewe mening kon enige iemand net ‘n koerant opgetel het en ‘n verdraaing van die feite gelees het. Ek was daar !!!, en in daai geval gan die lesers van Grondpad die ware feite hoor. Daar is geen redakteur wat hierdie storie “edit” nie so hier volg die storie wat soos ek dit 2 maande terug begin het.

Hierdie is vereweg die moeilikste artikel wat ek tot dusver moes skryf. Nie omdat daar ‘n tekort van gebeure was nie, maar oor die opwagting en verwagting van hierdie vakansie vinnig tot op die rotse geloop het. Die eind resultaat kon seker veel erger gewees het. Hier waar ek op ‘n Maandag aand vroeg in die jaar van 2010 in die Noordelike voorstede van Kaapstad rustig aan my rooiwyn teug sal ek my bes probeer om die verwikkeling van die vakansie op die mees positiewe wyse te probeer deur gee.

Die jaar het nou amptelik begin, ek sit voor my skootrekenaar met Jack Parrow se “Jy’s cooler as ekke wat” wat op MK speel. Die sokker wêreld beker is oppad, kantoor politiek en werks frustrasies is al ernstig aan die gang, maar tog is my huismaat nog nie terug nie.

Die gedig van Robert Frost is dit waaraan ek dink.

Two roads diverged in a yellow wood,
And sorry I could not travel both
And be one traveler, long I stood
And looked down one as far as I could
To where it bent in the undergrowth.

Then took the other, as just as fair,
And having perhaps the better claim,
Because it was grassy and wanted wear;
Though as for that the passing there
Had worn them really about the same.

And both that morning equally lay
In leaves no step had trodden black.
Oh, I kept the first for another day!
Yet knowing how way leads on to way,
I doubted if I should ever come back.

I shall be telling this with a sigh
Somewhere ages and ages hence:
Two roads diverged in a wood, and I–
I took the one less traveled by,
And that has made all the difference.

Hoekom die gedig in my kop vasteek het ek geen idée nie maar die gedig is die antwoord op my vrae. Die vrae wat ek al die laaste 2 weke oor en oor in my kop afspeel… ‘Wat as?’ en ‘Sal ek dit als weer doen?’

In kort is my antwoord ‘n eenvoudige maar tog ‘n versekerde “JA!”, want dis nie ek wat loop en kak aanjaag het nie. Junior is ‘n goeie vriend maar dit wat hy gaan doen het is naas aan onvergeetbaar, nie onvergeefsbaar nie maar onvergeetbaar. Hy het kak aangejaag in ‘n besope kondisie. Ek gaan nie doekies omdraai of verskonings maak vir my uitlating nie, maar ek bly de moer in. Dis ek wat ‘n baie ongemaklike oproep moes maak. Dis ‘n klomp mense wat se vakansie opgefok was, en ek is nie eers die een wat wou veloof raak nie.

OK, na al dit van my hart af is kan ek objektief aangaan. Junior sterk goed aan en sal weer een van die dae weer by ons wees en daaroor is ek baie dankbaar. Nogsteeds weet ek nog nie hoe om die eenvoudigste vraag van “hoe was jou vakansie?” te beatwoord nie.

Die Girls

Dit was die middel van die jaar wat die gedagte van ‘n Mosambiek trip vir die eerste keer geopper was. Die gedagte is met verdeelde entosiasme verwelkom. Dit was baie geld en baie verlof dae. Ek was een van die wat nie so positief gereageer het soos van die ander nie. Dit was eers op ‘n laat stadium dat ek besef het dat ‘n gedeelte van die trip tog vir my moontlik sou wees. Dalk nie al die pad Mosambiek toe nie, maar minstens tot by Port Edward.

Marcelle het baie moeite en tyd ingesit met die beplanning en almal het selfs ‘n boekie gekry met ‘n program, kaart en al die nodige besonderhede. Die datums was vas, die geld was betaal en die afwagting geskep en die tyd kon nie vinnig genoeg verby gaan nie.

In kort was die trip (op papier) asvolg beplan: Saterdag 26 Desember 2009 tel ek en Maretha vir Matt, Marcelle en Alwyn op by Rooi Dak Huis (Groot Brak). Ons kry ook vir Leon, Helga, Neil en Roxy daar. Ons vertrek dan Jefferysbaai toe, met ‘n kort stoppie by Bloukrans brug en kry dan die aand vir Junior by Wallie se huis. Ons vettoef dan 2 nagte in J-bay (doen so bietjie shopping) en dan weer 2 nagte by Koffiebaai (Wildekus) waar ons dan ‘Hole in the wall’ gaan besigtig. Daarna vertek ons dan Port Edward (Natal) toe waar ons sal nuwejaar vier. Ek en Maretha sou dan in die nuwe jaar terug keer terwyl die res dan Ponto do Ouro (Mosambiek) toe sou vertrek.

Soos ek voorheen genoem het was dit die beplanning. Wat vir ons voorgele het sou ons na ons wildste drome nie kon oor vertel het nie…

Bloukrans 216m

Ons het mekaar die 26ste Desember op Groot Brak ontmoet, almal baie opgewonde. Die trailers is gepak ek gehak. Die passesiers is ingelaai reg om die vakansie te begin. Almal was so ietwat op hul senuwees oor ons eerste stop…Bloukrans. 216m van adrenalien.

Ons het betaal en ingeweeg…ons gewigte op ons hande getakseer. Tot groot verleentheid was ek die ‘heavy weight’ in die groep. ‘n Mooi ronde 110kg, dit was amper swaar genoeg om ‘n nuwejaars voorneme te laat ontstaan…amper.

Daar was ‘n belaglike klomp mense en swak administrasie het gemaak dat ons heelwat later eers sou spring…5ure later! Ons stap toe op/in ‘n staal struktuur onder die brug waarvan ons die strukturele integriteit ernstig bevraagteken het, maar ons was veilig onder die brug. Nou moes ons nog net spring. Ons het so rukkie gewag, en toe nog ‘n ruk en toe nog ‘n baie lang ruk voor ons oor die afgrond kon dyk. (ietwat ironiese begin van die vakansie).

Bloukrans Junkies

Maretha en Roxy het in die restuarantjie ietwat skepties en senuweagtig gewag, terwyl die res maar brawe gesigte opgesit het. Daar was gespring en gecheer, en ons is darm weer almal veilig tot bo gebring. 216m hoog, hoogste komersieele budgy jump ter wereld, 120km/h top spoed. Asemrowend…letterlik, jy kry nie asem nie, maar ‘great’.

J-Bay toe om ‘n ou vriend te gaan sien, en dalk so bietjie daar afpak…vir 2 dae. Dit was lekker om vir ou Wally weer te sien. Toe hy daar aan gejaag kom en die reuk van rubber op asphalt het ons net weer besef…party dinge verander net nooit. Ons het die aand lekker rustig afgepak en maar gaan slaap na die lang dag. Die volgende dag is daar na al die fabrieks wikkels gegaan en almal het lekker geshop. Die middag het ons so bietjie wyn gedrink en die aand dit als weer op gemop. Ons het die aand rustig gebraai, want die volgende dag se trek Wildekus toe was ver (veral as jy al een is wat wakker is in die bakkie).

Die Wildekus

In Koffiebaai aangekom en gaan aanklop waar ons moes bly, dit was Hippie agtig en net “shaky” om die minste te sê. Na lang onderhandling het ons op die skoolveld gaan kamp. Matt het soos ouder gewoondte gaan onderhandel en ons het krag gekry. Op die skoolveld net duskant die publieke toilette (lees long-drops) het ons onse tentjies opgeslaan.

Marcelle het lekker spaghetti gemaak, ons het geëet en ‘n paar van ons het die Hippie kultuur gaan beleef. As ek sê ons was toe op ‘n laagte punt beteken dit net ons was laer as die ander mense. Hulle was so bietjie hoog, en om op hulle vlak te kom moes ons bietjie daal, dis nou op ons morele standaarde. Nogtans was dit heel prêt.

Koffiebaai

Ons het die volgende oggend onsself in die see gaan was en daar na “hole in the wall” toe gegaan. Dis nou die Wildekus, ongerep en nogsteeds met armoede besaai. ‘n Klomp kindertjies het al te greetig aangebied om die pad vir ons aantewys.
Junior en sy arbeider Die gat in die muur, het ‘n gat in ons coolbag gemaak. Ons het lekker gekuier en weereens lekker in die see geswem. Die water was warm en tot die girls het kom saam swem. Dit was ‘n stukkie paredeis, Afrika in Suider Afrika. Ons het terug gestap, Junior was te lui om die coolbag te dra, toe kry hy maar sy eie handlanger.

Die manne

Ons het gaan drankies drink in Koffiebaai hotel se swembad, nou moet ek by sê die ouens het geswem en die meisies het in die son gele en bak. Die meisies moes later “rock-paper-scisorss” speel om te bepaal met wie se boyfriend se beursie die volgende ronde drank gekoop moes word.

Ons is terug kamp toe, gaan hotdogs maak, min weetend van die pau-pau wat teen die spoed van lig nie die ‘fan’ toe geslinger is…

Dit was rustig by die kamp, die girls het gaan kralletjies koop, Junior het gaan “ys koop” en die res van ons het rusting aan ons drankies getueg. Mense begin hardloop na die koppie toe, tog sit ons rustig. ‘n Bakkie stop op die koppie, en tog sit ons rustig, motorfietse stop op die koppie en ons begin onrustig sit, nog mense hardloop en ons is op ons senuwees.

Ek, Leon, Neil en Alwyn klim in my bakkie en ongemaklik en stil ry ons nader aan die gesig wat ons almal gehoop om nie te sien nie. ‘n Prado van amper in die see dryf!!! http://www.beeld.com/Content/Suid-afrika/Nuus/1928/58353708b24d424cbacbe2ed18f8d866/29-12-2009-11-22/Kyk_(hoe_val)_my_nuwe_4x4_(in_die_see)!

Die Toybota Prado

‘n Paar ure later, ‘n helikopter later, ‘n klomp trane en gebede later, en self ‘n skel woord of twee is Junior per ambulaans St Mary’s hospital in Mthata toe. Ons het stil stil in die kamp aangekom, niemand het te veel gehad om te sê nie. Ons het maar besluit om die volgende dag Port Edward toe te gaan, en almal het gaan slaap.

Ons het stil stil opgepak, die waentjie gelaai en met Alwyn, Matt en Marcelle as ekstra passesiers Mthata toe gery om Junior se persoonlike besitting vir sy ouers te gaan gee. Ons het maar ons bes probeer om sterk te lyk voor sy ouers. Hulle probeer moed in praat terwyl ons waentjie gesteel word.

Dalk moet ek nie so negatief wees met die jaffel wat die waentjie afgehak het nie, en eerder geluk wens op sy spoedige en on opgemerkte poging van diefstal. Geluk ou maat, en ek wens die wiel het afgeval jul voertuig gerol en dat jy jouself bloedig tussen al ons besittigs bevind het.

‘n Goed beplande vakansie eindig in tragedie en elende. Ons het maar ons goed opgepak, die belangrikste besittings gaan vervang en terug gedraai Groot Brak toe. Snaaks genoeg tussen al die negatiewe gebeure het ons ‘n heel lekker nuwejaars aand gehad.

Daar was geen manier dat die jaar van 2010 slegter kon begin het as wat 2009 geeindig het nie. Geen manier!!!”

Groete
Die Smoes

PS. Junior is terug by die huis en terug by die werk. Dank die vader want dit is ‘n wonderwerk opsigself. Amen

Thursday, March 11th, 2010 Naweke weg

2 Comments to Mosambiek of te nie…

  • Haha. Dis nou die eerste keer wat ek die artikel sien en ek moet sê ek het lanklaas so gelag! Ek sien die Prado is splinternuut (R640k) en dryf 100m in die see. Briljant.

    Mooi objektiewe skrewe Smoes!

  • And the phodies are added…Dankie Smoes

  • Leave a Reply

    You must be logged in to post a comment.

    Die Smoes on Tyd
    Matt on Tyd
    Matt on Hie kommie Bokke!
    Hendri Schoeman on Hie kommie Bokke!
    Die Smoes on Hie kommie Bokke!
    December 2017
    M T W T F S S
    « Jun    
     123
    45678910
    11121314151617
    18192021222324
    25262728293031