Naweke weg

Mosambiek of te nie…

Die Roete

Dis nou byna 2 maande nadat ek begin skrywe het aan die artikel. Soos ek weer deur die half geskrewe skryf stuk lees kom ek agter hoekom ek so gesukkel he tom die stuk te voltooi. Dit was en is nogsteeds nie die maklikste stuk wat ek al geskryf het nie. Ek het vir ‘n lang ruk weer gedink hoe ek dit objektief kan skryf soos ‘n wannebee joernalis dit sou doen. Ek het harde en kras sinsnedes geskryf maar dis hoe ek gevoel het. Ek het tot die konklusie gekom dat vir ‘n semi objektiewe mening kon enige iemand net ‘n koerant opgetel het en ‘n verdraaing van die feite gelees het. Ek was daar !!!, en in daai geval gan die lesers van Grondpad die ware feite hoor. Daar is geen redakteur wat hierdie storie “edit” nie so hier volg die storie wat soos ek dit 2 maande terug begin het.
› Continue reading

Thursday, March 11th, 2010 Naweke weg 2 Comments

Riggton Kamp – 2010

2010 is afgeskop met ‘n “bang” en almal het dadelik weer in alle rigtings begin ingaan, Februarie het gekom en moes ons net ‘n kamp naweek vasmaak. Glo my, daar was omtrent bond gestaan om ‘n ou kamp plekkie te kry, en leer nou maar uit ons foute…..as jy weet van ‘n goeie plek, en jy wil daar gaan kamp….bespreek DADELIK….. So het ons besluit op ‘n rivier kamp lans die Breede Rivier, en dadelik ge dink aan Riviersicht, ongelukkig was dit toe vol, en ‘n week voor die tyd is ons toe gelukkig om nog plek by Riggton on farm plek te kry!

› Continue reading

Monday, February 15th, 2010 Naweke weg No Comments

Victoria-Wes is nie ‘n dorp nie… dis ‘n lewens styl.

Victoria-Wes is die teenpool van die gejaag wat die samelewing van die stad homself uitgee om te wees. Dis die wegbreek en die vakansie, waarheen almal wat al daar was telke male uitsien. Dis moeilik om te beskryf of jou vinger daarop te sit, presies wat die trekkings krag van die klein Karoo dorpie is. Dit is my opinie dat die aantrekkings krag van die aarde in Victoria-Wes ontstaan het. Dis ‘n ervaring, dis ‘n belewinis dis alles wat ‘n plek droom om te wees.

Vikkie-wes hier kom ons!!!

Vikkie-wes hier kom ons!!!


› Continue reading

Thursday, July 16th, 2009 Naweke weg 2 Comments

Victoria-Wes Skou 2009

Kyk, ek is mos nou in die ou dorpie gebore en getoë, so toe neef Wasserfall my einde Januarie met die vraag van “Gaan ons dan nou nog skou toe?” betrap, was ek slaggereed met ‘n “Absoluut gaan ons!” antwoord. Alle ander maters is natuurlik ingelig (m.a.w, saam genooi) oor ons planne en Zanelle en Helga kon ons darem vergesel op die trippie. Zanelle is after all ‘n Victoria Wester, en sy was redelik lanklaas daar, so dit was hoogtyd dat die so bietjie terug gaan na haar tuisdorp.

› Continue reading

Saturday, February 21st, 2009 Feeste en Dinge, Naweke weg 1 Comment

Grondpad is live!

Hi almal! Vir die wat nie weet nie, GRONDPAD is ons blog om ons ervaringe, kuiers, feeste, sportgeleentehede en sommer net als op die blog as ‘n groep. Manne en maninne soos Smookie, Boetie, Afrikon Lion, Matt the carpet, Oupa, Jan,Junior, Helga, Louise, Shorty,Bettie, Zanelle, Marcelle, Maretha ens ens ens… sal hul stem hier laat hoor.

Die site is nou live, so as jy wil posts maak, registreer asseblief – maak seker jy verander later jou password na iets wat jy sal onthou – en as ek dink jy kuier genoeg saam met ons om ‘n bydrae te kan maak dan maak ek jou ‘n ‘Author’ en jy sal kan artikels byvoeg.

In die woorde van Die Horing : “Op alle goeie tye wat was, op alle goeie tye wat is, en alle goeie tye wat nog kom!”

Groete,
Hendri

Tags: , , , ,

Saturday, January 17th, 2009 Feeste en Dinge, Naweke weg, Sport 2 Comments
Die Smoes on Tyd
Matt on Tyd
Matt on Hie kommie Bokke!
Hendri Schoeman on Hie kommie Bokke!
Die Smoes on Hie kommie Bokke!
August 2017
M T W T F S S
« Jun    
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031